Pa 25 jaar tronk toe nadat hy sy vrou byna doodslaan

‘n Man van Prins Alfred Hamlet is vir lank tronk toe gestuur vir die aanranding op sy vrou.

Pa 25 jaar tronk toe nadat hy sy vrou byna doodslaan

‘n Man van Prins Alfred Hamlet is vir lank tronk toe gestuur vir die aanranding op sy vrou.

’n Pa van Prince Alfred Hamlet gaan 25 jaar agter tralies deurbring nadat hy skuld op aanklagte van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer, beken het. Die vonnis volg nadat hy sy vrou by twee geleenthede aangeval het.

Die rondgaande streekhof in Ceres het Werner Pedro (34) 20 jaar tronkstraf op die aanklag van poging tot moord opgelê.

Altesaam vyf jaar van die 20-jaar-vonnis is vir vyf maande opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer aan dieselfde soort aanklagte skuldig bevind word nie.

Die hof het Pedro voorts tien jaar tronkstraf opgelê op die klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Luidens die pleitooreenkoms het die eerste voorval van poging tot moord op 24 Maart 2024 op by hul woning op die plaas Welgelegen in Prince Alfred Hamlet plaasgevind.

Pedro erken dat hy op die aand van die voorval teruggekeer het huis toe nadat hy vroeër alkohol saam met een van sy vriende gedrink het.

Hy sê toe hy by die huis aankom, het hy sy vrou daarvan beskuldig dat sy ontrou is aan hom. Volgens hom het sy vrou die aantyging ontken.

Pedro het ’n klip opgetel en sy vrou daarmee teen die kop geslaan. Hy sê in die pleitooreenkoms hy het haar hierna ook met ‘n klein houttafel aangerand. Hy sê toe die klaagster op die grond neerval, het hy haar geskop.

Lees ook: Wellington-brandsaak: Man wil skuld beken ná hy glo sy vrou aan die brand steek

Met betrekking tot die aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, het Pedro erken dat hy die klaagster op 23 Februarie 2026 gevra het om sy klere vir hom te was, waarop sy geweier het.

Volgens Pedro was hy kwaad omdat hy die volgende dag skoon klere vir werk nodig gehad het.

Hy erken dat hy sy vrou met die vuis in die gesig geslaan en haar teen haar bolyf geskop het toe sy op die vloer neergeval het.

Hy het die perseel verlaat nadat een van die bure tussenbeide getree het. Hy is op 16 Maart 2026 in hegtenis geneem.

Luidens die pleitooreenkoms het Pedro die klaagster aangerand terwyl hy uit was op borgtog op die aanklag van poging tot moord – dit ten spyte daarvan dat daar ’n beskermingsbevel teen hom uitgeneem is.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article