Suid-Afrika se misdaadstatistieke is skokkend.

Dit is waarom dit belangrik is dat elkeen sy eie veiligheid ’n prioriteit moet maak.

Bespreek jul persoonlike veiligheid met jou familie. Laat almal, insluitend ouer kinders, saamgesels oor hul vrese en wat hulle dink die huis nodig het om hulle veiliger te maak en te laat voel.

Algemene veiligheidsmaatreëls moet neergelê word:

– Die voordeur moet onder geen omstandighede oopgemaak word vir vreemdelinge nie.

– Praat deur die deur en stel eers vas of jy enige besigheid het met die vreemdeling, byvoorbeeld ’n posman wat ’n posstuk aflewer. Vir iemand wat vir kos of geld of werk vra, maak jy nie die voordeur oop nie.

– Voordeure word nie deur kleiner kinders oopgemaak nie; misdadigers kan jong kinders maklik mislei of inligting by hulle bekom.

– Sleutels word nooit in deure gelos nie; hang die sleutels buite bereik van deure en vensters.

– Jong kinders moet nie die telefoon antwoord nie want hulle kan mislei word om inligting te deel.

Die huisvrou wat bedags alleen is terwyl kinders skool toe is:

– Hou deure, patio-deure, skuifdeure toe terwyl jy huiswerk doen.

– Wanneer jy in die voorste deel van jou huis werk, maak seker die agterste of sydeure is toegesluit.

– Wanneer jy op die stoep of in die tuin sit of werk, maak seker die res van die huis se deure en vensters is toe.

– Wanneer jy voor die televisie ontspan, sluit eers die hele huis.

– Wees paraat wanneer jy in en uit jou motor klim vóór of ná inkopies.

– Wees oor die algemeen paraat en ken die klanke van die buurt en jou huis.

– Hou pepersproei in jou kombuis of slaapkamer of by jou in die gedeelte waar jy werk of ontspan.

– Indien jy ná donker moet ry, hou die pepersproei binne bereik langs jou in die motor.

– Maak blindings en gordyne ná donker toe sodat misdadigers nie in die huis kan sien nie.

– Wanneer jy bedags die huis moet verlaat, hou ’n radio of televisie se klank aan.

– Wanneer jy saans weg van die huis is, skakel buiteligte aan en een of twee ligte in die huis en hou ook jou televisie aan. – Bron: http://www.heksie.com/huisveilig/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article