Die sewejarige Pieter Marais van Worcester het die “sneeu” tydens Tulbagh se “Christmas in Winter” die afgelope naweek terdeë geniet.

Die jaarlikse Christmas in Winter is die afgelope naweek in Tulbagh gehou, met feesgangers wat snoesig in warm klere toegewikkel was terwyl hulle aan Bolandse lekkernye gesmul het.

Glüwhein, warm sjokolade, lekker eetgoed en goeie wyn was aan die orde van die dag, met die feesmark wat die hele Kerkstraat volgestaan het. Optredes deur sangers en ander aktiwiteite het die feesgangers vermaak.

Ná sononder het die feestelike atmosfeer behoorlik lewe gekry met plaastrekkers wat hul stof afgeskud en in kersliggies getooi is.

“Volgende jaar word die fees se 25-jarige viering gehou en dit gaan iets besonders wees,” het Patty Niewoudt van Tulbagh-toerisme gesê..

Tulbagh se strate was vol feesgangers. Foto: Berna Coetzee
Trekkers en ander voertuie het hul plaasstof afgeskud om ‘n vrolike optog deur Tulbagh se strate te hou. Foto’s: Berna Coetzee

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article