: Die nuwe lokaal sluit in ’n wynproearea, ’n toprestaurant met Danette Thompson aan die stuur, asook ’n deli.


Nuy Wynkelder stel bekend hul splinternuwe wynproelokaal en restaurant, Nuy on the Hill.

Dit is geleë op ’n kleinerige heuwel tussen Worcester en Robertson, reg langs die R60 en Nuyvallei-afdraai.

Tydens die amptelike opening op Woensdag 9 Desember en net betyds vir die feesseisoen, stel Nuy Wynkelder dan ook hul nuutste reeks wyne aan die publiek bekend. Die nuwe reeks sluit in die Inspiration-, Mastery– en Legacy-reekse.

Nuy Wynkelder is diep in die vallei geleë en dit het die behoefte laat ontstaan om hul produk meer toeganklik te maak.

So het die idee vir ’n nuwe proelokaal vlak langs die populêre R60-roete sy oorsprong gekry. Daar is verder besluit om die idee van ’n gemaklike, reisigersvriendelike proelokaal uit te brei om ’n restaurant en deli in te sluit.

Bouwerk het op 8 Junie vanjaar begin en hoofsaaklik hout en klipelemente is gebruik om by die natuurlike omgewing aan te sluit. Die effense elevasie van die lokaal bied dan ook ’n panoramiese uitsig oor die Nuyvallei en sy wingerde.

Die nuwe lokaal sluit in ’n wynproearea, ’n toprestaurant met Danette Thompson aan die stuur, asook ’n deli. Die ruim patio omring deur oop grasperke bied besoekers genoeg buitelug- en onderdakopsies om die wye verskeidenheid restaurantgeregte, wat tappas, houtvuur pizza, hamburgers en steak, asook banting-geregte insluit, in ’n rustige atmosfeer te geniet.

Die deli bied ’n wye verskeidenheid ingelegde plaaslike en ander produkte, geurige moerkoffie, varsgebakte brode en spesialiteitsgebak.

Besoekers word genooi om hul aankope in luilekker piekniekstyl op die grasperke te geniet, terwyl die kleinspan hul energie op die klimrame kan fokus.

’n Nuwe bergfietsroete is ook beskikbaar en fietsryers is welkom om van die stortgeriewe en wasstasie langs die nuwe lokaal gebruik te maak.

Besigheidsure vir Nuy on the Hill is Maandae tot Donderdae 09:00-17:00, Vrydae 09:00-18:00, Saterdae en Sondae 09:00-16:00.

Gesels ook saam op Facebook deur hul blad, Nuy Winery of Nuy on the Hill te gaan “like”. Jy kan ook vir Nuy Wynkelder volg op Twitter by @NuyWinery.

Vir meer inligting oor Nuy Wynkelder, besoek hulle webtuiste by www.nuywinery.co.za of bel Lorraine Viljoen by 023 347 0272 of stuur ’n e-pos na wines@nuywinery.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article