Multisure Villagers Worcester skud sy vere reg vir Groot Uitdaag-Top-12

Die losskakel Elton Mfundisi op pad doellyn toe in Saterdag se vriendskaplike kragmeting teen ‘n landelike vyftiental op Bolandpark in Worcester. Foto: Dafiq Williams

Multisure Villagers Worcester skud sy vere reg vir Groot Uitdaag-Top-12

Die losskakel Elton Mfundisi op pad doellyn toe in Saterdag se vriendskaplike kragmeting teen ‘n landelike vyftiental op Bolandpark in Worcester. Foto: Dafiq Williams

WORCESTER: Multisure Villagers Worcester (Villa) het, nadat hy gekwalifiseer het vir vanjaar se Groot Uitdaag-Top-12-deelname van die Boland Rugbyunie die afgelope week of twee homself met mening begin gereed kry vir die volgende paar weke se strawwe program.

Behalwe vir intensiewe voorbereiding wat gereelde gimnasiumsessies insluit, het die gekose span ook Saterdag (3 Oktober) ‘n lekker opwarmings- wedstryd teen ‘n landelike vyftiental bestaande uit vier klubs uit die landelike gebiede rondom Worcester naamlik Overhex, Young Stars, Evergreens van Nuy en Green Leaves van De Wet, op Bolandpark gespeel.

Dit was veral die hoofwedstryd wat boonop deur ‘n groot kontingent ondersteuners uit die landelike gebiede vergesel was, wat vir heelwat opwinding gesorg het. Veral as die besoekers punte aangeteken het, was dit verblydend om die entoesiasme te ervaar waarmee die span begroet is.

Wat die wedstryd self betref, het dit ook vir Villa se keurders waardevolle insig gegee oor wie nou eintlik in sy beginspan moet wees vir sy openings- wedstryd teen die Weskus se kampioenspan Saldanha in Saldanhabaai.

Hierdie wedstryd is geskeduleer vir 17 Oktober nadat Roses United wat in die ander afdeling meeding, sy GoldCup-wedstryd Saterdag (3 Oktober) teen Bloemfontein Polisie in Wellington gewen het en dus na die volgende ronde deurgedring het. Terloops, Saldanha het Saterdag met 17-22 teen Gardens in Uitenhage vasgeval.

Die landelike span het Saterdag eerste punte op die telbord gekry toe sy beweeglike slot Noven Titus oorgaan vir ‘n drie wat die losskakel Bollie Ryneveldt ongelukkig nie kon verdoel nie. Villa slaan kort hierna met mening toe toe die buitesenter Henrico Jacobs oorgaan en heelagter Jaydian Buys verdoel vir ‘n 7-5-voorsprong.

Die telling groei aan na 14-5 toe die losskakel Elton Mfundisi met flink voetwerk sy pad oopkloof om agter die pale te gaan kuier en Buys verdoel. Die tel-

ling groei aan na 19-5 toe die flank Zatdon Adams ná ‘n pragbeweging in die hoekie oorgaan vir ‘n onvervyfde drie.

Die landelike vyftiental kom hierna self met ‘n skitterende stukkie spel vorendag toe die flank Owen Siljeur oorgaan en die losskakel, Ryneveldt, verdoel om die agterstand na 12-19 te laat krimp. Kort voor rustyd gaan die regtervleuel Phillip Basson oor vir ‘n drie wat Buys ook verdoel om die tuisspan teen rustyd met 26-12 te laat voorloop.

Kort ná rustyd kry die landelike span weer punte toe die regtervleuel Denzil Philander oorgaan en Ryneveldt verdoel om die agterstand na 26-19 te laat krimp. Die plaasvervanger-skrumskakel Roland Daniels gaan hierna oor en kort daarna ook die flank Beavan Malapi om Villa se telling na 36-19 te rek.

Hierna gaan Jacobs oor vir sy tweede drie en met Daniels se geslaagde doelskop, rek die telling na 43-19. Buys gaan hier- na oor vir ‘n onvervyfde drie voordat die landelike span se linkervleuel Conray du Plessis oorgaan en Ryneveldt verdoel om die eindtelling op 48-26 te staan te bring.

In die hoof-voorwedstryd klop Villa se naasbestes hul opponente met 38-7, terwyl ‘n Villa o.19-span met 33-12 bo was teen ‘n landelike o.19-span in die eerste wedstryd van die dag.

LEES OOK: Dur-Bell shock Villager as Gold Cup delivers knockout drama

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article