Worcester Secondary School se toppresteerders.

Die Wes-Kaap vier sy hoogste matriekslaagsyfer én meeste vrystellings tot nog toe nadat die uitslae vir die 2025- akademiese jaar Maandag (12 Januarie) bekend gemaak is.

Altesaam 88,2% van die leerders het geslaag teenoor 86,6% verlede jaar. Die vrystellingslaagsyfer het van 47,7% tot 49,2% gestyg – die tweede hoogste in die land.

Die Wes-Kaapse matrieks het ook die tweede meeste aantal onderskeidings in die land behaal, met 13 234 leerders wat altesaam 31 220 onderskeidings verwerf het, het die Wes-Kaapse department van onderwys gesê.

Leerders met spesiale onderwysbehoeftes het ‘n slaagsyfer van 91,9% behaal asook die tweede hoogste vrystellingslaagsyfer in die land met 60,4%.

Twee Wes-Kaapse leerders is ook van die land se topmatrieks. Abigail Kok van York High School in George was die beste in fisiese wetenskap en ook die topleerder in die land, en Takunda Muchuweni van Jan Krielskool in Kuilsrivier was die topleerder met spesiale onderwysbehoeftes.

Die Hoërskool Montagu se topmatriekleerders vir 2025 saam met die hoof, Johan Benadie.

Skole in die Breedevallei- en Langebergstreke pronk met goeie slaagsyfers (die skole se slaagsyfer vir 2024 word in hakies genoem):

Ashton Public Combined School 74,3% (82,3%), Ashton Sekondêre Skool 82,4% (68,6%), die Hoërskool Bonnievale 96,3% (92,9%), Brandvlei Jeugsentrum 100% (100%), die Hoërskool Breëri­vier 73,1% (68,1%), De La Bat Skool vir Dowes 85,7% (100%), die Hoër Tegniese Skool Drostdy 97,1% (99,5%), Esselenpark Sekondêre Skool 69,9% (76,3%), die Hoërskool Goudini 90,9% (97,5%), die Hoërskool Hexvallei 94,3% (87,5%), Hexvallei Sekondêre Skool 82% (61,1%), Jakes Gerwel Tegniese Skool 81% (90,7%), die Langeberg Sekondêre Skool 78% (69,6%), Langerugskool vir kinders met leerhindernisse 100% (100%), Masakheke Combined School 67,3% (75,4%), die Hoërskool Montagu 99% (98,3%), die Hoërskool Montana 98,7% (100%), Pio­nierskool vir siggestremdes 100% (100%), die Hoërskool Robertson 100% (100%), Robertson Logos Christian School 100% (100%), Somerset High 95,6% (89,2%), die Hoërskool Tulbagh 87,7% (76,8%), Van Cutsem Combined School 78,4% (71%), Vusisizwe Secondary School 68, 8% (69,2%), Wolseley Sekondêre Skool 83,5% (88,2%), Worcester Gimnasium 95,8% (98,6%), Worcester Sekondêre Skool 72% (72,7%) en Zwelethemba High School 84,9% (79,2%).

• Leerders wat nie die uitslae behaal het waarvoor hulle gehoop het nie, kan aansoek doen vir die departement se Second Chance-program en hul vakke in die eerste helfte van die jaar herskryf.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article