Robertson het ‘n hartseer naweek agter die blad. Nie net is die jong Leighton Louw Vrydag dood in ‘n tref-en-trap ongeluk nie, maar ‘n kop-aan-kop botsing het ook die lewens van twee mans geëis.
Die 52-jarige Francois Malherbe (foto) en Jan Kapp (33) is dood ná hul voertuie Sondag om 16:30 op die pad tussen Robertson en Bonnievale, naby Welgeluk, gebots het, het sers. AJ Cookson van die Roberston-polisie bevestig.
Kapp se gesin was saam met hom in die motor.Hulle is aanvanklik by die Robertson-hospitaal behandel, maar sy vrou, Chantell (36) is oorgeplaas na die Tygerberg-hospitaal en sy seun Conner (8 ) is in die Rooikruis-hospitaal in Kaapstad opgeneem. Hul dogter Amor (10) is reeds ontslaan.
Die ondersoekbeampte, sers. Cookson, sê dat die omstandighede om die ongeluk onduidelik is, en vra enige ooggetuies om hom te kontak by tel. 023 626 8349.





