‘n Man het verlede week in die Bonnievale-hof verskyn op ‘n aanklag van verkragting wat na bewering 34 jaar gelede plaasgevind het.
Die man, wat nou iets in die 60 is, is op 18 Februarie in hegtenis geneem. Hy word daarvan aangekla dat hy die slagoffer, wat toe dertien jaar oud was, verkrag het.
Die voorval het glo reeds in 1992 plaasgevind toe die beskuldigde 31 jaar oud was.
Die man verskyn weer op 11 Maart in die Bonnievale-hof.


