Brandvlei Kelder (BC Wines) hou Saterdag 28 November hul vyfde jaarlikse Familiedag.
Daar sal aktiwiteite vir jonk en oud wees. Vir die sportentoesiaste is daar die Big Cycle MTB-wedren deur die mooiste natuurskoon en ’n uitdagende roete wat vanjaar deel was van die Cape Epic. Daar sal vanjaar ook ’n 12 km “trail run” bygevoeg word.
Vir slegs R25 kan jy jou eie wyn versny om huis toe te neem. Kosliefhebbers kan kom spog met hul vaardighede by die potjiekoskompetisie of kom leer ’n ding of twee by Nina Timm se kosdemonstrasie. Ander pret sluit in kos en vermaak soos musiek, ’n hengelkompetisie, kleiduifskiet, wa- en trekkerritte, waterwurms en speletjies vir kinders.
BC Wines is op die R43 tussen Worcester en Villiersdorp. Aanlyninskrywings vir die hengel, potjiekos, MTB en trail run-kompetisies by www.bcfamilydayco.za, www.bcwines.co.za of kontak Brandvlei Kelder by 023 340 4215.



