Reg om na die Vollies-reünie te gaan, is van links John Titus (organiseerder), Johannes Domburg (president van Oud-Vollies) en John Cupido (lid). Foto: Verskaf


Paarl-Wellington se Vollies gaan hul jaarlikse reünie vanjaar in Walvisbaai bywoon.

Die Vollies is oudstudente van die destydse Onderwysopleidingskollege Suid-Kaap op Oudtshoorn. Benewens die feit dat dié oudstudente hul destydse leuse, Pro Bono Publico, wat beteken tot die voordeel van die gemeenskap, in plaaslike gemeenskappe uitleef, probeer hulle ook om elke jaar ’n reünie op ’n ander plek te reël.

Die gemiddelde besoekersgetal is gewoonlik ongeveer 330 oudstudente op elke reünie.

Om dit gerieflik vir almal te maak, is daar vanjaar besluit om met ’n luukse bus na Walvisbaai te reis.

Daar is nog plek beskikbaar op die 48-sitplekbus. Kostes beloop R 2 045 per persoon vir ’n retoerkaartjie. Die bus vertrek vanaf Paarl.

’n Deposito van R512 moet teen 16 Februarie betaal word. Die balans moet teen Julie betaal wees. Kontak Clarence Adams by 076 485 0880 om teleurstelling te voorkom.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article