Dier polisie het in ’n geïntegreerde optrede op hierdie dwelms en ammunisie beslag gelê.


Pogings om strate in die Wes-Kaap van vuurwapens en dwelms te bevry, het positiewe resultate opgelewer toe ’n geïntegreerde SAPD-optrede Woensdag (22 Februarie) in Laingsburg uitgevoer is.

Lede van die Blitspatrollie, die K9-eenheid en die Laingsburg-polisie het ’n deursoekingslasbrief in Riverstraat, Bergsig, uitgevoer en beslag gelê op ’n windbuks, ammunisie en dwelms. Drie volwasse mans is in hegtenis geneem vir die handel in dwelms en die onwettige besit van ammunisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article