Die nuwe sportraad van Langeberg is (van links): Mike Mgajo (Langeberg-munisipaliteit se direkteur van gemeenskapsdienste), Gerrit Abrahams (Langeberg-sportraad se ondervoorsitter), Cecil Fielies (Langeberg-sportraad se voorsitter), Deon Bure (Langeberg-sportraad se sekretaris), Lorenzo Arendse (voorsitter van die Kaapse Wynland-distriksportraad), Andre Enslin (departement van kulturele sake en sport), Danie September (gemeenskapsdienste- uitvoerende komitee) en Lenchen April (Langeberg-munisipaliteit se bestuurder vir gemeenskapsfasiliteite).

Ná jare se mislukte pogings is die Langeberg-sportraad op 13 Maart uiteindelik amptelik van stapel gestuur, met die raadslid Danie September (gemeenskapsdienste- uitvoerende komitee) wat die historiese momentum gelei het.

Dié nuwe struktuur skep nie net beter verhoudings tussen sportklubs en die munisipaliteit nie, maar ook wesenlike finansiële geleenthede vir sportontwikkeling reg deur die streek.

Met die raad se stigting kan die Langeberg-munisipaliteit nou aansoek doen om finansiering by provinsiale, nasionale en ander instellings om fasiliteite op te knap, toerusting aan te skaf en programme te help implementeer.

Die nuutgestigte raad, onder leiding van die voorsitter, Cecil Fielies, sal ook met die Kaapse Wynland-distriksportraad en die departement van kultuursake saamwerk.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article