Worcester Arbeidsbediening bied Donderdag 30 November ’n stap- of draf-uitdaging aan.

Die arbeidsbediening ondersteun en bemoedig Christen-gelowiges in die werksplek en bring die evangelie van Jesus Christus na mense net daar waar hulle elke dag werk.

Vrywilligers (bedienaars) besoek sakeondernemings en ander instellings volgens ’n diensrooster in verskillende tydgleuwe op ’n dag van Maandae tot Vrydae.

Sakeondernemings besluit op ’n tyd wat hulle pas.

Die uitdaging begin om 18:00 by die De la Bat-sportterrein en spanne van vyf word genooi om in te skryf.. Kontak 082 771 1543 of arbeid@gmail.com vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article