Die wenners van die Klein Karoo- streek-jongwynskou is op Donderdag 14 Augustus op ‘n geselligheid by die Rietrivier-wynkelder in Montagu aangekondig.

Montagu-wynkelder het met die Schalk Joubert-trofee vir die Kampioen-produsentekelder weggestap. Hulle het uitsonderlik presteer met die Grootkampioenwyn, ‘n merlot, en die Kampioen- droë rooi wat ook die Vinpro-trofee vir die beste wingerd ontvang het. Daarby volg die Reserwe-kampioen- droë rooi (‘n versnit), die Reserwe- en Kampioen-cabernet sauvignon, die Kampioen-shiraz en die Kampioen-pinotage. Die kelder het ook die Kampioen- droë wit (Kampioen- chenin blanc) en die Reserwe-kampioen- droë wit (Kampioen-chardonnay), Kampioen-colombar en laastens die Reserwe-kampioen muskaat versterk opgelewer.

Rietrivier-wynkelder was die Reserwe-kampi­oen-produsentekelder. Op die foto is Henk Wentzel en Christopher Filander.

Rietrivier-wynkelder was die Reserwe-kampioen-produsentekelder met toe­kennings vir die Reserwe- en Kampi­oen- ongewone rooi asook die Kampioen- ruby cabernet. Calitzdorp-wynkel­der het die Kampioen- muskaat- ver­sterk­te wyn asook die Reserwe- en Kampioen- natuurlike soet tafelwyn opgelewer.

Boplaas Wynkelder het die toekennings vir die Kampioen- ongewone droë wit en die Reserwe-kampioen- nie-muskaat- versterkte wyn ontvang.

Jakkalsvlei Wynkelder is as die Reserwe-kampioen as private kelder aangewys met onder meer die Reserwe-kampioen- chardonnay, Reserwe-kampioen- chenin blanc, Reserwe-kampioen merlot en die Reserwe-kampioen pinotage.

Die Kampioen- private kelder, De Krans- wynkelder, ontvang Standard Bank se trofee en die pryse vir die Kampioen- nie-muskaat- versterkte wyn (Reserwe- groot-kampioenwyn), kampioen- sauvignon blanc en die Reserwe-kampioen ongewone droë wit.

  • Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou se toekenningsgeleentheid, waar al die streekwenners sal meeding, vind Vrydag, 22 Augustus plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article