Kerstyd in die Breedevallei het Sondagaand behoorlik begin toe die jaarlikse Breedevallei-munisipaliteit se Kersmark by Nekkies plaasgevind het, met ’n heerlike verskeidenheid unieke handgemaakte kunswerke, feestelike dekor en eenmalige geskenke. Daar was ook ’n gesellige kostent wat heerlike geregte opgedis het. Daar was ’n ware feestelike atmosfeer onder die honderde feesgangers, wat ook die musiek en vermaak in lewende lywe geniet het. Onder die feesgangers was Eloise Jenner, Bernelee Africa en Nicolette Adams.Foto: Luciano du Toit


Kersmark by Nekkies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article