WORCESTER – Die polisie soek na inligting nadat die verkoolde lyk van ‘n onbekende vermeende moordslagoffer die afgelope Maandag (16 Maart) op Lilly’s Farm in Worcester aangetref is.

AO Vathiswa Jacobs, ‘n polisiewoordvoerder, sê die geslag van die oorledene is in hierdie stadium nog onbekend.

Volgens haar het die polisie ‘n moorddossier geregistreer.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigeen met inligting wat meer lig op die saak kan werp, kan die Worcester-polisie by 023 348 8605 skakel. – Enrico Claassen

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article