Huiseienaars met swembaddens gaan van vandag af swenbadbelasting moet betaal.

Freepik

As jy ‘n swembad besit, is meer belasting van vandag af jou voorland.

Dit is vroëer die week tydens ‘n perskonferensie deur die Breedevallei en Langeberg landelike beheerraad bekend gemaak.

Alle huise met swembaddens in die twee gebiede sal nou belas word met ‘n bykomende munisipale belasting omdat huiseienaars swembaddens besit. Volgens Una April, uitvoerende lid vir behuisingsontwikkeling, tree die belasting vandag (1 April) in werking.

“Die beheerraad doen ‘n deeglike oudit van alle huise met swembaddens om te bepaal wie belas moet word en hoeveel belasting hulle gaan betaal,” sê sy.

“Huiseienaars sal 7,5 sent moet opdok vir elke liter water wat die swembad kan hou.
Una April

Die belasting sal bereken word op die grootte van jou swembad en op die hoeveelheid water wat nodig is om jou swembad vol te maak.

“Huiseienaars sal 7,5 sent moet opdok vir elke liter water wat die swembad kan hou. Dit werk uit op ‘n maandelikse belasting van ongeveer R3 500 vir ‘n swembad wat 50 000 liter kan hou. Daarbenewens sal ‘n jaarlikse belasting op die grootte van die swembad gehef word. Dit wissel van R3 500 tot R35 000 per jaar,” sê April.

April sê dat mense wat na vore kom en verklaar dat hulle swembaddens het, aansienlike afslag sal kry. “Ons doen ‘n beroep op inwoners om ons met hierdie oudit te help. Deur vir ons jou adres en die grootte van die swembad te stuur, kan ons baie tyd en geld bespaar. Hierdie besparing sal dan aan huiseienaars teruggegee word. Alle huiseienaars wat hul besonderhede aan ons stuur, sal vir ses maande 37,5% afslag op die maandelikse belasting kry,” sê April.

Die belasting sal ook gehef word vir opblaasswembaddens.

Sy sê dat huiseienaars wat nie navore kom nie, uitgevang sal word deur “swimming pool detecting drones” en dat hulle nog meer belasting sal moet betaal.

Volgens April sal die belasting gehef word om behuisingsontwikkeling te finansier. “Ons wil nuwe bogemiddelde laekostehuise in Worcester en Robertson bou en dit teen ‘n baie groot wins verkoop,” sê April.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article