Atlete duik in die water in die swem-afdeling van die Breëland Triathlon. Foto: Facebook/Breëland Triathlon

Gewilde driekamp keer terug na Slanghoek-wynplaas

Atlete duik in die water in die swem-afdeling van die Breëland Triathlon. Foto: Facebook/Breëland Triathlon

Die Breëland-driekamp, een van die Wes-Kaap se gewildste driekampe, keer hierdie jaar op 1 November terug na die pragtige Slanghoek-vallei buite Rawsonville.

Die byeenkoms, wat by die Breëland-kelder aangebied word, het oor die jare ‘n vaste plek op die plaaslike driekamp-kalender verdien.

Die omliggende bergrante, wingerde en vallei maak dit ‘n skilderagtige agtergrond vir atlete wat swem, fietsry en hardloop.

Atlete kan kies tussen 600-m-swem, 20-km-fietsry en 5-km-hardloop; of 1200-m-swem, 37-km-fietsry en 10-km-hardloop. Atlete kan as individue of spanne inskryf.

• Besoek www.entryninja.com of kontak Adriaan Theron by 082 890 9318 of stuur e-pos na info@capecrosstri.com vir nog inligting of om in te skryf.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article