Die ryke geskiedenis van Worcester Gimnasium begin reeds in 1824 toe die eerste gratis regeringskool op Worcester begin is.

Magistraat Truter, die distriksgeneesheer Glaeser en eerwaarde Sutherland het op die plaaslike skoolkommissie gedien en daar is ses dae per week skoolgehou.

Die vakke was lees, skryf, wiskunde, diktee, taalwerk, Nederlands en Engels. Die skooldag het van 08:00 tot 16:00 geduur met twee ure vir ete van 11:00 tot 13:00.
Interessante brokkies

1838: Die onderwyser is mnr. T. Bayley en daar is 23 seuns en 14 meisies in die skool.

1850’s: Die skool gradeer op na ’n eersteklas staatskool en ekstra vakke soos wiskunde, fisiese wetenskap en aardrykskunde word nou aangebied.

1873: In Junie word die skool herklassifiseer en word dit Hoër Jongenskool.

1875: Die Hoër Meisieskool Worcester open (aanvanklik as die Worcester Seminarie met die skoolgebou waar die Seminarie, meisiekoshuis, se swembad en tennisbane vandag is).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article