As jy bekend is met terme soos “vannie dal af meisie” of “daai antie soek ’n Ben Ten” is jy sekerlik bekend met die musiek van Early B. Hy sal dié week te sien wees in Robertson, maar jy gaan moet spring om jou kaartjies te kry.
Earl Swartz oftewel Early B is 28-jaar oud en gebore in Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Hy het gou vir homself naam gemaak toe hy hip-hop musiek bekendgestel het onder sy verhoognaam en sy rymklets met die hip-hop inkorporeer het.
In 2018 het hy sy amptelike debuutalbum, Aangename Kennis bekendgestel en binne ’n paar weke goue status bereik. Sy enkelsnitte, “Potte” en “Ben Ten” het ook vir hom die weggeruim om nie minder as vier Ghoema-toekennings huis toe te neem in April vanjaar nie.
Hy sal te sien wees by die Callie de Wet-stadion in Robertson op Vrydag, 12 Julie ten bate van ’n matriekleerder wat fondse benodig om te gaan studeer.
Die aand sal begin met bekende DJ’s en later ’n vertoning deur Early B teen slegs R100 per kaartjie. Vir meer inligting bel Heinrich by 072 883 7900.


