Verlede Woensdagmiddag was ’n historiese dag – ’n dag waarna skolerugby-entoesiaste al vir jare lank uitsien – toe HTS Drostdy en Worcester Gimnasium mekaar ná ’n lang rugbydroogte van ’n volle sewe jaar weer uitgedaag het.
Die twee spanne van Worcester het mekaar laas in 2017 ontmoet toe Gim destyds met Adriaan van der Bank en Jeshau Paul aan die spits hul sege van 20-18 verseker het.
Die ondersteuners het elke oomblik van die super-gees tydens die uitdaging geniet en die rugby was puik. Drostdy se 0.19A-rugbyspan het die baie spannende wedstryd 33-20 gewen, maar wat eintlik op die dag geseëvier het, was die sportmangees van albei skole.
Die pawiljoen was volgepak met leerders, ouers en oudleerders. Almal hoop die wedstryd was die begin van nog derbies tussen dié twee spogskole.




