Hier volg Robertson se sagtebal-krieketunie-uitslae vir 27 April:
New Orleans teen Dorpsig Barbarians
In die eerste wedstryd van die dag het Dorpsig Barbarians eerste gekolf en is almal uitgeboul vir 119 lopies. Geoff Jansen (23) het met die kolf uitgestaan. Die beste bouler vir New Orleans was L. Adams 4/30.
New Orleans op hul beurt veg tot die bitter einde, maar word almal uitgeboul vir 114 lopies. “Bussie” (41) was die beste kolwer en H. Meyer 3/32 was Dorpsig se beste bouler. Dorpsig Barbarians wen met ses lopies.
Pen United t Royals
Die Royals kolf eerste en word almal uitgeboul vir 98 lopies. D. Brown (21) en F. Muller (13) was Royals se beste kolwers. M. Koert 3/16 en L. Hein 3/15 was Pen United se beste boulers. Pen United, wat sy oog op die tweede plek op die punteleer het en die sege nodig gehad het om sy kans te behou, het goed begin. Pen bereik die wentotaal van 99/2. W. Abrahim (38) en G. Lennet (23) was Pen se beste kolwers, C. Januarie 1/17 het tevergeefs probeer veg met die bal. Pen wen wedstryd met agt paaltjies.
Die Stoep teen Mu Knights
In die hoofwedstryd van die dag het MU Knights die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Met sy oog op ’n plek in die uitspeelronde kan die span van Môreson net nie aan die gang kom nie en word almal uitgeboul vir 70 lopies. “Raldo” (24) en “Conroy” (13) was Knights se beste kolwers. Vir Die Stoep was die broers C. Geduld 2/8 en J. Geduld 2/10 die beste boulers.
Die Stoep laat nie op hom wag nie en bereik die wentotaal 71/5 in die 12de boulbeurt, met C. Geduld (28) en I. Matthys (10) wat die beste kolwers was. Die Stoep wen die wedstryd met vyf paaltjies. Komende Sondag (5 Mei) sal die laaste-ronde-wedstryde plaasvind met die uitspeelwedstryde wat 12 Mei plaasvind.
Wedstryde 5 Mei:
09:00 – Pen United teen Dorpsig Barbarians
12:00 – Tornados teen Mu Knights
15:00 – Royals teen New Orleans

