Die Tulbagh-landbouskou, die oudste aaneenlopende skou in Suid-Afrika, word vanjaar met trots vir die 143ste keer aangebied.
Dit vind van 28 September tot 1 Oktober plaas.
Tulbagh se skou het ’n ongeëwenaarde rekord deurdat dit die oudste aaneenlopende skou in Suid-Afrika is.
Oudergewoonte sal vanjaar se skou weer landbou-georiënteerd wees, met die hooffokus op die perdekampioenskap.
Verskeie kampioenskap-uitdagings vir afdelings soos friesperde, saalperde en Walliese ponies word aangebied. Die kampioenskapskou vir pluimvee en sierduiwe kry ook groot aftrek.
Bekende kunstenaars soos Waldo Lotz en Burger le Roux tree op.
Verskeie maatskappye bied uitstallings aan. Die polisie, vloot en weermag spog ook met uitstallings.
Daar is heelwat te sien en te doen vir die hele gesin, soos ’n pretpark vir die kinders.
Toegang is R50 per dag vir volwassenes en R10 vir kinders.
Bel Elsa Rix by 023 230 0189 vir navrae.




