Wat bedoel was om ’n jaar van opwin­dende rugby vir ’n plaaslike skool en sy nuwe direkteur te wees, is kort­geknip toe dié direkteur se kontrak verlede week beëindig is.

HTS Drostdy het in ’n verklaring gesê sy bestuur en beheerliggaam het besluit om die skool se verbintenis met Hans Coetzee as rugbydirekteur te beëindig.

“Coetzee is ’n bekende in skolerugby met jare lange ervaring van afrigting waarin hy baie suksesvol by verskeie skole was. Daar is egter ná ’n evaluerings- en konsultasieproses besluit dat hy nie tans die regte persoon is vir die skool se unieke rugbybehoeftes en uitdagings nie,” sê Louis Steijn, die skoolhoof van HTS Drostdy.

Die beheerliggaam is in die proses om ’n ooreenkoms met Coetzee oor sy kontrak te finaliseer. Daar sal in hierdie stadium geen nuwe aanstelling gemaak word nie, Coetzee se pligte sal tydelik deur interne strukture asook afrigter Tobie Botes vervang word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article