Women of Worcester (WOW) het Saterdag 26 Oktober hul Dialoog oor leierskap-werksessie gehou. Die fokus was op geslagsgebaseerde geweld (GBV), konflikhantering, burgerskap en kommunikasie. Die sessie is bygewoon deur meisies van Roodewal, die Rooms-Katolieke en Avian Park se primêre skole, die Oefenskool, asook Padvinders van 1ste Worcester Scouts. Amedja Williams van Famsa het die leerders oor GBV ingelig en agtergrond oor die werksaamhede van Families Suid-Afrika gegee en hoe hulle binne die gemeenskap betrokke is. Stephanie Steinberg (IEC) het die leerders oor burgerskap geleer asook meer vertel oor waarom ons in verkiesings stem en hoe demokrasie belangrik is vir die implementering van goeie regering. Anne Marais het konflikhantering bespreek en beklemtoon dat elkeen van ons somtyds konflik ervaar en sy het metodes aanbeveel hoe om konflik doeltreffend te hanteer. Maria Lakay het die verskillende maniere van kommunikasie bespreek. Vaardighede soos om aktief te luister en duidelik te praat, is beklemtoon. Peter Titus het die meisies aan die Scouts-beweging bekendgestel en hulle hartlik genooi om by die Scouts aan te sluit. Hy het ook kortliks verduidelik wat sy werk by GCIS behels en hoe belangrik dit is dat mense bewus moet wee


Dialoog oor leierskap-werksessie vir meisies

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article