Meer as tien mense is Sondagaand beseer in ’n botsing waarby drie voertuie betrokke was. Die botsing het om 21:10 in Rabielaan gebeur toe een voertuig in die rigting van die N1 gery het en ’n Corsa-bakkie, wat in die verkeerde baan gery het, reg van voor daarteen gebots het. Die eerste voertuig het twee insittendes en ’n baba van een jaar en ses maande oud vervoer. ’n Derde voertuig het daarna teen die eerste twee voertuie gebots. Die bestuurder van die Corsa-bakkie en die derde voertuig het van die toneel af weggehardloop. Niemand is in die voorval oorlede nie. Al die insittendes is hospitaal toe vir behandeling van geringe beserings. Foto: One-Way Towing

Credit: SYSTEM

Botsing reg van voor

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article