Die gru-ongelukstoneel vanoggend op die N1 naby Rawsonville.Foto: One-Way Towing

Gru-botsing op N1 naby Rawsonville


Motoriste en ander padgebruikers wat gebruik maak van die N1 brug naby Goudini / Rawsonville word versoek om gebruik te maak van n alternatiewe roete nadat ’n vragmotor en motorvoertuig vanoggend (24 Desember) reg van voor teen mekaar gebots het.

Na wat verneem word, het die motorvoertuig met die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Volgens inligting het die ongeluk gelei tot verskeie sterfgevalle. Die polisie het nog nie ’n amptelike verklaring hieroor uitgereik nie, maar sodra verdere inligting beskikbaar is, sal ons dit opdateer.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article