Herberg Kinderhuis huisves 122 sorgbehoewende kinders van baba tot 18 jaar oud.
Gedurende die Desember- en Januarie-vakansie bly kinders agter wat nie ’n ander heenkome vir die feestyd het nie en in die kinderhuis moet vertoef. Die kinderhuis wil graag die kinders bederf en hulle spesiaal laat voel – veral omdat dit ’n tyd is wat families saam deurbring.
Die gemis van familie is vir baie van dié kinders nog groter.
Jy kan deur R50, R100 of enige ander bedrag te skenk ’n liggie in hierdie kinders se lewe wees en ’n verskil maak. Die geld word aangewend vir die kinders se onderskeie behoeftes gedurende die Desember- en Januarie-vakansie.
Skandeer die QR-kode om ’n bydrae te lewer:





