Janette Knox is vandeesweek weer in die hospitaal opgeneem weens beserings wat sy tydens ’n honde-aanval opgedoen het.Foto: Juliette Kotzé


’n Vrou van Worcester het die dood nouliks ontkom toe sy op Erfenisdag (Dinsdag 24 September) so te sê deur ’n ‘reusagtige’ rondloper-boerboel aangeval is in wat in ’n bloedstollende stryd om oorlewing ontaard het.

Janette Knox vertel hoe sy net ’n paar huise van haar huis af in die Hospitaal Heuwel-omgewing gestap het toe sy skielik deur die hond aangeval is.

Janette se een been is erg deur die hond verskeur en sy het ook bytmerke aan haar hand opgedoen soos sy die hond van haar probeer wegstoot het. Sy moes vandeesweek weer ’n operasie weens haar beserings ondergaan.

Die Worcester-polisie ondersoek tans die saak.

Lees die volle berig op bl. 1.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article