’n Jong vrou van Hexpark is erg getraumatiseerd nadat sy deur drie mans wat sy goed ken, aangerand, beroof en amper verkrag is.
Die Worcester-polisie het Woensdag 18 Oktober omstreeks 01:00 gereageer nadat ’n klagte van aanranding, seksuele teistering en roof aangemeld is.
“Die 32-jarige klaagster is glo deur haar kêrel in Hexpark afgelaai nadat hulle in ’n stryery betrokke was. Terwyl sy buite gewag het, het drie mans haar genader en gevra wat fout is. Die mans het die klaagster gegryp en rondgestamp en haar geld en selfoon afgevat. Terwyl een van die mans die klaagster vasgehou het, het die ander twee haar in die gesig en maag geskop. Een het glo voorgestel dat hulle haar na die bosse neem sodat hulle haar kan verkrag,” het Vatishwa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, aan Standard vertel.
Die drie mans is blykbaar aan die slagoffer bekend.
Jacobs het verder verduidelik dat een van die mans sy hande op die klaagster se private dele geplaas het terwyl die ander haar verder gemartel en geslaan het.
“Hulle het haar aan haar hare getrek en haar op die grond rondgesleep.
“Sy het hard om hulp geskree, waarna al drie die mans weggehardloop het.”
Een van die slagoffer se buurvroue het aan Standard gesê die vrou is nog erg getraumatiseerd.
“Dit is baie erg. Sy het al drie die mans goed geken. Wie kan ’n mens dan deesdae vertrou? Die arme vrou is nog erg getraumatiseerd ná wat gebeur het.
“Ek het gehoor hier is ’n rumoer in die straat en is uit. ’n Ander vrou verder ondertoe in die pad het alles gesien en haar toe gehelp.
“Ek het nog die polisie in kennis gestel.
“Sy is eers vanoggend (19 Oktober) uit die hospitaal ontslaan,” vertel die buurvrou.
Standard het die huis van die slagoffer op twee geleenthede probeer besoek, maar dit was tevergeefs.
Klagte van roof, aanranding en seksuele aanranding is aanhangig gemaak. Al drie verdagtes is later in hegtenis geneem en sal sodra hulle aangekla is in die Worcester-landdroshof verskyn.
Hulle is 22, 30 en 34 jaar oud.
’n Jong vrou van Hexpark is erg getraumatiseerd nadat sy deur drie mans, wat sy goed ken, aangerand, beroof en amper verkrag is.
Die Worcester-polisie het verlede Woensdag (18 Oktober) omstreeks 01:00 gereageer nadat ’n klagte aangemeld is oor aanranding, seksuele teistering en ’n rooftog.
“Die 32-jarige klaagster se kêrel het haar in Hexpark afgelaai nadat hulle ’n stryery gehad het. Terwyl sy buite gewag het, het drie mans haar genader en gevra wat fout is. Die mans het toe die klaagster na bewering gegryp en rondgestamp en haar geld en haar selfoon afgevat. Terwyl die een die klaagster vasgehou het, het die ander twee haar in die gesig en maag geskop. Een het blykbaar ook voorgestel hulle neem haar na die bosse sodat hulle haar kan verkrag,” het Vatishwa Jacobs, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie, aan Standard gesê.
Die drie mans is bekend aan die slagoffer
Jacobs verduidelik verder een van die mans het volgens die klaagster sy hande op haar private dele geplaas terwyl die ander haar verder gemartel en geslaan het.
“Hulle het haar aan haar hare getrek en haar op die grond rondgesleep.
“Sy het hard om hulp geskree, en al drie die mans het toe weggehardloop.”
Een van die slagoffer se buurvroue het aan Standard bevestig sy is ná die voorval nog erg getraumatiseerd.
“Dit is baie erg. Sy ken al drie die mans goed. Wie kan ’n mens dan deesdae vertrou?
“Die arme vrou is nog erg getraumatiseerd ná dit wat gebeur het.
“Ek het gehoor hier is ’n rumoer in die straat en het uitgegaan om te gaan kyk. ’n Ander vrou verder af in die pad het blykbaar alles gesien en haar gehelp. Ek het die polisie in kennis gestel. Sy is eers vanoggend (19 Oktober) uit die hospitaal ontslaan,” vertel die buurvrou.
Standard het die huis van die slagoffer op twee geleenthede probeer besoek, maar dit was tevergeefs.
’n Saak van roof, aanranding en seksuele aanranding is geopen.
Al drie verdagtes is later in hegtenis geneem en sal sodra hulle amptelik aangekla is, in die Worcester-landdroshof verskyn.
Die verdagtes is 22, 30 en 34 jaar oud.



