Die bekroonde Palissander-kamerkoor gaan die gehoor met sy optrede by Bosjes bekoor.

Credit: Lise Beyers

Die bekroonde Palissander-kamerkoor tree op 25 Augustus by Bosjes-kapèl buite Worcester op in ’n pragkonsert ten bate van die Worcester Skool vir Siggestremdes.

Palissander, een van Suid-Afrika se toonaangewende kamerkore, is ’n internasionaal erkende onafhanklike amateurkoor wat in 1992 gestig is.

Die koor het tot dusver met groot sukses in Kanada, Noorweë, Denemarke, Nederland, Kenia, Frankryk, Italië, Duitsland, Spanje, Estland, Finland en Portugal opgetree.

Sarita Hauptfleisch, vandag steeds die koor se dirigent, het Palissander gestig met die doel om sielsmusiek te maak. Dit het daartoe gelei dat die koor sowel plaaslik as internasionaal as ’n ambassadeur vir liefde en vrede bekendheid verwerf het.

Die musiek is toeganklik vir almal.

Palissander is in Pretoria gebaseer en het tans 21 lede.

Die konsert begin om 10:30. Kaartjies kos R150 per persoon en is by die deur te koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article