Police van
DIe Wolseley-polisie is op soek na vier verdagtes wat ‘n egpaar aangeval het.

Wat ‘n rustige wegbreek moes wees vir ‘n bejaarde egpaar by ‘n idilliese blyplek buite Wolseley het op Dinsdag 3 Februarie in ‘n nagmerrie ontaard toe hulle aangeval is.

Die voorval het blykbaar by ‘n gasteplaas op Palmietvlei op die R43 tussen Wolseley en Worcester gebeur. Die egpaar het tuisgegaan in vraghouers wat in luukse verblyf omgeskep is, met ‘n uitsig oor ‘n plaasdam en die Mostertshoekberge. Dit is op ‘n werkende bloubessieplaas geleë.

Vier aanvallers het volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, die huis binnegekom en die egpaar gedreig.

“Een van die slagoffers is met ‘n onbekende voorwerp herhaaldelik oor die kop en in sy gesig geslaan. Hy het beserings aan sy gesig opgedoen en is hospitaal toe geneem,” het Van Wyk gesê.

Die rowers het glo ‘n vuurwapen gevat. Die onbekende aanvallers het van die toneel af gevlug en is teen vanoggend (Woensdag) nog nie aangekeer nie.

Die polisie vra enigeen met inligting oor die voorval om die Wolseley-polisie se misdaadondersoekeenheid by 079 894 0195 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article