Die Robertson-krieketklub het Saterdag (18 Februarie) tuis teen Victorians van die Universiteit Stellenbosch te staan gekom en hulle het die span van die Eikestad met drie paaltjies geklop. Die span van Stellenbosch was eerste met die kolf en het ’n goeie 214 lopies aangeteken. Die beste boulers vir Robertson was Jupeter Hopp (13/3), Luthan Absolon (49/3) en Jumaine Buys (45/2). Die ster-kolwer van Robertson was Albertus Van der Merwe (foto), seun van die legendariese Boland-haker Johan van der Merwe, wat 101 lopies nie uit nie aangeteken het. Hy is goed bygestaan deur Warren Davids (36) en Eltano Jacobs (28). Dit was ’n merkwaardige beurt vir die jong Van der Merwe. Die Robertson-krieketklub speel komende Saterdag (1 Maart) teen Wellington KK in Wellington en die B-span op Callie de Wet in Robertson. ’n Goeie wen met ’n bonuspunt kan dus vir die Robertsoners nog ’n plek in die Boland-Premierliga-Top-6-krieket beteken.


Alvie moker kishou vir Robertson

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article