Die Malmesbury-polisie ondersoek ‘n saak van veediefstal nadat 54 merinoskape ter waarde van ongeveer R135 000 tussen Maandag en Dinsdag 7 en 8 Julie op ‘n plaas in die omgewing gesteel is.

Ander polisietakke in die Weskus ondersoek ook veediefstalsake wat die afgelope week in die Weskus-polisiedistrik aangemeld is.

Op Nuwerus is 25 skape tussen 2 en 8 Julie op ‘n plaas gesteel.

Tussen 8 en 9 Julie is agt hoenders ter waarde van R100 op ‘n plaas in die Riebeek-Wes-omgewing gesteel.

Twee skape is in dieselfde tyd in die vroeë oggendure op ‘n plaas in die Lutzville-omgewing gesteel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article