Wes-Kaap beloon uitnemendheid, Bergrivier-munisipaliteit kry goud

Personeel van die Bergrivier-munisipaliteit ontvang hul trofee.
Personeel van die Bergrivier-munisipaliteit ontvang hul trofee.

Wes-Kaap beloon uitnemendheid, Bergrivier-munisipaliteit kry goud


PAARL – Die Bergrivier-munisipaliteit is aangewys as die Wes-Kaap se Beste Klein of Landelike Munisipaliteit en met goud bekroon, terwyl die Weskusdistriksmunisipaliteit (WKDM) met drie toekennings weggestap het.

Die Premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het dié gesogte toekennings vir uitnemende diens Vrydagaand 16 Oktober tydens ‘n funksie by die Nederburg-wynlandgoed in die Paarl gedoen.

Die toekennings word jaarliks aan uitsonderlike individue en spanne gedoen wat uitstekende diens aan die mense van die Wes-Kaap lewer.

Personeel van die Bergrivier-munisipaliteit ontvang hul trofee.
Personeel van die Bergrivier-munisipaliteit ontvang hul trofee.

Sowat 80 finaliste het in 17 afdelings vir goud, silwer en brons meegeding.

Die WKDM is aangewys as die Beste Distriksmunisipaliteit, en het ook goud verwerf in die afdeling vir Samewerkende Programme en Projekte (vir die Citrusdal-vloedprojek) en brons in die afdeling Beste Munisipale-projek (vir die Weskus-streekstortingsterrein).

‘n Nieregeringsorganisasie in Paternoster, Hoopsig (Paternoster Project NPC), het ‘n bronstoekenning in die afdeling vir Beste Inwonerprestasie deur ‘n span ontvang. Dié bekende organisasie is ‘n broodnodige werkverskaffer vir vroue in die dorp en verskaf daaglikse etes en na-skoolse toesig en sorg aan byna 100 leerders in Paternoster.

Personeel van Hoopsig ontvang hul trofee.
Personeel van Hoopsig ontvang hul trofee.

Die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) het ‘n silwertoekenning ontvang vir Beste Publieke-diens in die spanafdeling. Die Swartland-munisipaliteit het ook twee goue medaljes opgeraap, waarvan een vir Beste Munisipale-projek in ‘n klein munisipaliteit was.

Verlede jaar se beste Wes-Kaapse munisipaliteit, Drakenstein, het weer vanjaar met die louere weggestap. Die Stad Kaapstad het silwer gekry en die Mosselbaai-munisipaliteit brons.

LEES OOK: Service Excellence Awards | Western Cape Government

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 15 October 2026
    Weslander E-Edition – 15 October 2026

Gift this article