Die Clanwilliam-veldblomskou is vanjaar afgestel nadat die warm weersomstandighede van die afgelope tyd veroorsaak het dat die meeste veldblomme reeds uitgeblom is. Die bestuur van die skou het dié ­besluit geneem nadat dit duidelik geword het dat te min blomme beskikbaar sal wees om die jaarlikse blomskou op te bou. “Die besluit is ernstig oorweeg en dit was nie vir ons maklik om dit af te stel nie,” het die organiseer- ders gesê. Hulle het erken baie blomkykers het reeds planne gemaak om Clanwilliam te besoek en die be- sluit is ‘n groot teleurstelling vir besoekers en inwoners. Die kansellasie raak nie net die skou nie, maar ook die dorp se ekonomie, aangesien die geleentheid jaarliks besoekers van heinde en ver lok en ‘n belangrike rol in plaaslike handel en toerisme vervul. Volgens die organiseerders is die veldblomskou ook ‘n belangrike deel van Clanwilliam se identiteit en ‘n geleentheid wat inwoners bymekaarbring. “Ons sal julle baie mis,” het hulle aan ondersteuners en blomliefhebbers gesê.

Warm weer stel vanjaar se Clanwilliam-blommeskouspel af

Clanwilliam-veldblomskou afgestel

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 August 2026
    Weslander E-Edition – 13 August 2026

Gift this article