Vrywillgers en rolspelers wat aan die program deelgeneem het.

‘n Groep vrywilligers van die Weskus is verlede Donderdag (19 Februarie) opgelei om slagoffers van alle soorte geweld, insluitend gesinsgeweld, te ondersteun.

Die opleiding is deur die Rural Development Support Program (RDSP), in vennootskap met die Vredenburgse Lethemba Care Projects, aangebied.

Die opleiding van 33 vrywilligers het gehandel oor hoe om persone wat deur geslagsgeweld geraak is, te ondersteun.

Die Lethemba Care Projects se restorasieprogram gaan voort om die vrywilligers met intervensies en bewusmaking in die gemeenskap te ondersteun.

Volgens Geraldo Pieters, stigter van Lethemba Care Projects, bly gesinsgebaseerde geweld ‘n groot uitdaging.

“Daarom kan ons nie stilsit nie, want daar is mense daar buite wat ons nodig het. Ons gaan binnekort ook ‘n geestelike diens hou om die aangeleentheid te onder- steun en bewusmaking te bring,” sê hy.

Brenda Snyders, direkteur van RDSP, en Pieters bedank die dinamiese fasiliteerders wat die opleiding aangebied het, asook elke vrywilliger wat hul beskikbaar gestel het.

“Ten slotte is ons doelwit om saam met die bestaande strukture te werk, want saam kan ons meer vermag,” sê Pieters.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article