Vredesbeamptes maak die gronde van die departement van binnelandse sake vir openbare gebruik skoon.

Openbare veiligheidsdienste, onder die kontrak van die Wes-Kaapse departement van polisietoesig en gemeenskapsveiligheid, het verlede Woensdag (28 Januarie) ‘n gemeenskapsopheffingsinisiatief by die departement van binnelandse sake in Vredenburg uitgevoer.

As deel van die projek het lede vrywillig oorgroeide areas rondom die perseel van binnelandse sake skoongemaak.

Die omgewing is herstel tot ‘n veilige, ordelike en verwelkomende toestand vir gebruik deur die personeel en lede van die publiek.

Volgens Joey Pieters, koordineerder van die Saldanhabaai-veiligheidsinisietief, is vredebeamptes se taak nie net om die wet af te dwing nie, maar ook om vertroue, sigbaarheid en positiewe verhoudings binne die gemeenskap wat hulle bedien, te bou.

Pieters, wat ook toesig oor die inisiatief gehou het, sê ware openbare veiligheid begin met diens.

“Ons lede het gewys dat die dra van die uniform meer beteken as afdwinging. Dit beteken om vir ons gemeenskappe om te gee, deur voorbeeld te lei en trots te wees op die ruimtes waarop mense elke dag staatmaak. Om terug te gee aan die gemeenskap versterk positiewe rolmodellering, hou die jeug betrokke by betekenisvolle werk en versterk die band tussen wetstoepassing en inwoners.”

Pieters voeg by dat die inisiatief een van vele gemeenskapsprojekte is wat deur die departement van openbare veiligheidsdienste beplan word.

“Die departement bly verbind tot proaktiewe betrokkenheid, misdaadvoorkoming deur omgewingsontwerp, jeugontwikkeling en die versterking van vennootskappe met alle belanghebben- des. Saam word veiliger gemeenskappe nie net deur wetstoepassing gebou nie, maar ook deur diens.”

Rolspelers het hande geneem in die skoonmaak inisiatief.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article