In ’n skokkende voorval van gesinsgeweld wat op video vasgevang is, kan duidelik gesien word hoe ’n man ’n vrou rondruk, klap en self probeer verwurg.

Die man skree ook op die vrou om stil te bly. Die oomblik toe sy die deur oopmaak om uit te klim, jaag die man met haar weg.

Dié video van die voorval op Donderdagoggend 27 Februarie is wyd op sosiale media versprei.

Ten spyte van die duidelik geslagsgeweld wat plaasgevind het, wou die vrou egter met die polisie se aankoms by hul blyplek in die Lane nie ’n saak teen die man aanhangig maak nie.

Wat wel hierop gevolg het, was die man en vrou se inhegtenisneming nadat die polisie bewus gemaak is van die geweld waaronder hul minderjarige dogtertjie na bewering gereeld deurloop.

Dwelmmisbruik mag dalk ook ’n rol in hierdie gesin se lewe speel.

Die polisie het bevestig die paartjie is dieselfde dag nog vir kindermishandeling in hegtenis geneem.

Hulle het Maandag 3 Maart in die Vredenburg-landdroshof verskyn waar die saak vir nadere ondersoek uitgestel is. Die kind word in ’n plek van veiligheid gehou.

. Die name van die beskuldigdes is bekend aan Weslander, maar om die kind se identiteit te beskerm, mag dit nie genoem word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article