Ali Motala, ’n uitvoerende hoof van Transnet, saam met Buran Parks (kaptein van Crusaders) en Ricky Nwagbara (kaptein van Kuilsrivier).Foto: ZAAKIRAH DALWAI


’n Super-skouspel van rugby oor die Paasnaweek wag wanneer die Transnet/Saldanha- Super 8-toernooi gehou word en vyf van die Boland se bestes, ’n kampioen uit die SWD en ’n kampioen uit die Oostelike Provinsie, mekaar die stryd gaan aansê om die gesogte titel te wen. Die amptelike loting het Vrydagaand plaasgevind en ’n liplekker-toernooi wag op rugbyliefhebbers.

Die geleentheid is deur verskeie belanghebbendes asook verteenwoordigers en kapteins van die agt klubs bygewoon, en die senuwees het tot die loting geknaag.

Roses en Robertson Town, albei voormalige Boland-kampioene, sê mekaar in die eerste wedstryd die stryd aan, en die toernooi sal dus van die begin af vuurwerke oplewer. Ná hierdie wedstryd kom Crusaders aan die beurt wanneer hy Kuilsrivier (WP) pak. Die hoofvoorwedstryd voor die amptelike opening word teen Progress (OP) en Caledon beslis. In die laaste wedstryd van die aand kom die gasheerspan, Saldanha, teen Darling te staan.

Saldanha het nog nie vanjaar op al sy silinders gevuur nie en hy besef Darling gaan hom tot die uiterste beproef.

Volgens Bertram Vraagom, die toernooi-direkteur, heers ongekende belangstelling in die toernooi en verwag hy die grootste toeskouergetalle wat die toernooi nog getrek het. Die toernooi word Donderdag en Saterdag regstreeks op sosiale webwerwe uitgesaai en die eindstryde regstreeks deur Supersport.

Die bestuur bedank Funky Lemon, Duferco, Three Cube Management, Pem Sport, Sea Harvest en SBM, Media24, Netwerk24 en Hollywood Bets

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article