Die BB-pistool wat by die verdagte afgeneem is.Foto: SA Polisie

Speelgoedwapen bring man in sop


Die rig van ’n speelgoedvuurwapen op iemand anders is weer in die kollig ná die inhegtenisneming van ’n 33-jarige man op aanklag van die rig van ’n vuurwapen.

Fabian Carelse (33) het Maandag in die Malmesbury-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n 45-jarige vrou Vrydagmiddag (11 Oktober) met ’n BB-pistool gedreig en gesê het hy gaan haar doodmaak.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n Weskus-polisiewoordvoerder, het die vrou glad nie vermoed dat Carelse ’n nagemaakte wapen op haar rig nie, maar sy het gedink dit is die ware Jakob.

Twee mans is al in Suid-Afrika skuldig bevind en 15 jaar tronkstraf opgelê nadat hulle ’n rooftog met ’n speelgoedvuurwapen uitgevoer het. George Mokolo en Christopher Sehlale is in 2016 in die Wynberg-landdroshof aangekla van roof met verswarende omstandighede. Mokolo se latere appèl teen die vonnisse is van die hand gewys. Ingevolge die Wet op Gevaarlike Wapens van 2013 is dit ’n oortreding om in besit te wees van enige nagemaakte vuurwapen of ammunisie met die doel om ’n misdryf te pleeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article