Weslander sou graag net oor die mooi in die Weskus wou skryf – al die lekker dinge soos suksesverhale, prestasies, die mooi natuur… positiewe dinge wat individue doen om hul gemeenskap ‘n beter plek te maak.

Hierdie wonderlike mypale, soos die oud-raadslid André Kruger se boekbekendstelling, is nog altyd ‘n groot deel van ons nuusaanbieding – hetsy dit nou in die koerant, op ons webwerf of op sosiale media is.

Ons bly egter ‘n waghond vir die gemeenskap en moet ernstiger sake wat die gemeenskap na aan die hart lê, opneem.

As ‘n hond in die hoofstraat van Vredenburg raakgery en net daar gelos word, word dit ‘n teer saak vir diereliefhebbers.

As munisipale besluite ons sak raak, moet in diepte daarna gekyk word.

Inwoners het die reg om volledig ingelig te word oor uiteenlopende sake soos verkiesings, misdaad, beleidsveranderinge en nuwe projekte.

Weslander groei al langer as ‘n halfeeu saam met die gemeenskappe van Vredenburg, Saldanha, Langebaan, Jacobsbaai, Paternoser, St Helenabaai, Hopefield, Velddrif, Piketberg en Porterville; om nie van die kleiner plekkies soos Elandsbaai, Yzerfontein, Darling en Lambertsbaai te vergeet nie.

Ten spyte van die beeld na buite van ‘n vredevolle en ongerepte Weskus, is die slegte nuus egter dat misdaad begin hoogty vier, en ons moet daaroor berig.

• Hou ons op hoogte by 082 576 0453 of weslander@novusmedia.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article