Die 17de Sanlam-WOW-spelfees vind van Julie tot Oktober landwyd plaas en skole en leerders word hartlik uitgenooi om nou reeds te registreer, gratis.

Dit is die grootste spelfees in Suid-Afrika en word nasionaal aangebied. Skole en leerders kan in die afdelings deelneem: Afrikaans: graad 1-10, Engels: graad 4-9, isiXhosa: graad 5-8.

Die Sanlam-WOW-spelfees is ‘n vlagskipprojek van Woorde Open Wêrelde (WOW), ‘n bemagtigingsinisiatief van die Universiteit Stellenbosch. WOW bied kreatiewe en opvoedkundige programme en aktiwiteite, wat op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste gerig is, in skole aan.

Fiona van Kerwel, WOW se bestuurder, sê die spelfees is al in sy 17de bestaansjaar.

Leerders moet deur drie vlakke vorder om na die nasionale eindronde deur te dring, naamlik kringvlak, distriksvlak en provinsiale vlak.

Die eindronde word op 3 Oktober vanjaar in Stellenbosch beslis.

Datums en venues vir die kring-, distriks- en provinsiale vlakke sal mettertyd aangekondig word.

Hou WOW se webblad, sosiale-media- platforms, WhatsApp-kanaal en nuusbrief dop vir aankondigings en reëlings.

Hulpbronne

• Besoek wow.woordfees.co.za/registreer/ vir registrasievorms;

• Besoek WOW se webblad by wow.woordfees.co.za/wat-ons-doen-2/# vir aanlyn speltoetse;

• Spellyste en alle inligtingspakkette sal teen 2 Maart aan alle geregistreerde skole gestuur word.

Sluitingsdatum

Registrasies vir die Sanlam-WOW-spelfees sluit op 31 Mei 2026. Stuur e-pos na candicej@sun.ac.za vir nog inligting en met navrae.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article