Die leerders wat aan die opstelkursus deelgeneem het: Rainier van Nooi (St. Andrews Primêr), Julise Danster (Diazville Primêr), die skrywer en kursusleier Esta Steyn, en Matthew de Groot en Charley Papier van die Laerskool Saldanha.Foto:


Die ATKV-Saldanhabaai het onlangs die hulp van die bekroonde Weskus-skrywer Esta Steyn ingespan om leerders van plaaslike skole ’n paar wenke om opstelle te skryf, te gee.

Die ATKV-opstelkursus is Vrydag 15 Junie by die Laerskool Saldanha aangebied waar Steyn die leerders gelei het.

Die plaaslike ATKV bied elke jaar ’n interskole-opstelwedstryd aan en hierdie kursus sal ’n hupstootjie aan die leerders gee wat later vir die interskole sal registreer.

Tien graad 7-leerders van die Laerskool Saldanha, St. Andrews Primêr en Diazville Primêr het ’n eersteklasles ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 February 2026
    Weslander E-Edition – 12 February 2026

Gift this article