Personeel van die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel het in samewerking met die ATKV, onder die leiding van Anzil Kulsen, die voorreg gehad om Langebaan Primêr onlangs te besoek. Die fokus van die besoek was ‘n gr. 7-sessie, wat as ‘n besonder verrykende en betekenisvolle ervaring beleef is. Kulsen is nie net ‘n di- namiese fasiliteerder nie, maar ook ‘n welbekende skrywer. Sy is onder meer die skrywer van Dewald, die storie wat gr. 7-leerders tans in Afrikaans behandel. Haar insette het die lesmateriaal lewendig gemaak en leerders se belangstelling in lees en stories merkbaar versterk. Die sessie was interaktief en inspirerend en het weer eens die belangrikheid van leesbevordering, taalontwikkeling en begrip by leerders beklemtoon. Rolspelers bedank graag vir Christopher Rodgers, adjunkhoof, vir die oop deur en sy bereidwilligheid om saam te werk in belang van die leerders. Op die foto is Anzil Kulsen, Christopher Rodgers en Esmarelda Mckay saam met die leerders.

Leerders kry hoë besoek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article