Skryf in vir die S.T.I.R Weskus-kookkompetisie.

Die gewilde kookkompetisie S.T.I.R Weskus gee hoërskool- leerders die geleentheid om hul kulinêre vaardighede in die kombuis te demonstreer.

Wat is “kulinêre vaardighede”? Dit is jou super-vermoë in die kombuis, hoe jy geure meng, geregte voorberei en jou kos so perfek kan voorlê dat mense dit nie net wil proe nie, maar onthou.

Alle leerders wat tussen 2007 en 2011 gebore is en ‘n passie vir kosmaak het, kan inskryf om deel van hierdie kookavontuur te wees.

Pryse sluit ‘n seevaart vir twee persone aan boord van die MSC Armonia na die Portugese Eiland in. Die passasierskip vertrek op 27 November uit Durban. Die wenner kry ‘n kajuit met ‘n seeuitsig, met alle etes ingelsuit. Ander pryse sluit kookkursusse en kookgereedskap van kwaliteit in.

Raad vir deelnemers is om ‘n dis te maak en op video vas te lê wat eenvoudig, maar indrukwekkend is. Deelnemers moet klem lê op die uitvoering en ‘n gereg kies wat hulle met selfvertroue kan voorberei.

Daar word aanbeveel dat 3 tot 6 bestanddele gebruik word, en die balans van geure moet geoets word voordat die finale inskrywing ingestuur word.

Die opstel by die inskrywing moet die inspirasie vir die dis, hoofbestanddele en hoe die geure saamwerk, verduidelik.

S.T.I.R. Weskus het onlangs die inskrywingsgelde van R500 tot R300 verlaag om meer leerders aan te moedig om deel te neem. Die sluitingsdatum is ook verskuif van 31 Maart na 30 April.

Stuur e-pos aan stirweskus@gmail.com vir nog besonderhede of besoek die S.T.I.R Weskus Facebook-blad vir die inskrywingsvorm en bankbesonderhede. Bekker-plaasprodukte is die produkteborg, Weslander is die mediaborg en die Longacres Privaatskool gaan die gasheer vir die 2026-kooksessies wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article