‘n Lyk wat iewers gekry word – sonder identifiseerbare items – is nog altyd een van die mensdom se hartseerste gesigte.

Wanneer daaroor berig word, soos oor die lyk wat naby Jacobsbaai gekry is, bespiegel mense hoofsaaklik oor die wie dit dalk kan wees. In ‘n paar mense wat ‘n vermiste geliefde het, laat dit seker dadelik die vrees dat dit hul vermiste geliefde kan wees.

Die feit bly staan dat dit iemand se kind, lewensmaat of pa was. Om vermoor en boonop sommer langs die pad in die veld gesmyt te word, bly onmenslik; ‘n gruweldaad.

Selfs gesoute polisielede wat só misdaadtoneel moet hanteer, kan dit vir dae en weke later steeds nie uit hul gedagtes kry nie. Hulle moet die plek afkamp en ondersoek en reël dat die oorskot deur ‘n forensiese span afgehaal word – die hele tyd omring met die allerverskriklike reuk van ‘n ontbindende lyk in die bloedige son staan en wag, totdat die nodige afgehandel is.

Sommige kan vir lang tye daarna nie geslaap kry nie.

Wat van ons hou op om die polisie oor alles te kritiseer en vra ‘n bietjie jou buurman wat in die polisiediens staan, hoe dit met hom gaan? Praat jou klub, organisasie of sakekamer om om ‘n bietjie jou plaaslike polisiekantoor te besoek.

Bring muffins. Suid-Afrikaanse polisiemense eet nie almal doughnuts nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article