Senior burgers het Saterdag kospakkies van die polisie ontvang.Foto:

Polisie reik ook na bejaardes uit


As deel van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, wat tans aan die gang is, het die Saldanha-polisie Saterdagoggend (26 November) kospakkies aan hulpbehoewende seniors geskenk. Die polisiebeamptes het self die inisiatief aan die dag gelê om die kos in te samel en ook die erwe van gemeenskapslede skoon te maak. Die 16-Dae-veldtog fokus vanjaar in besonder ook op die veiligheid van senior burgers.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article