Vandag deel ons Dawid Botha van Lekker Weskus se heerlike bosveld-ontbyt – gepas vir die kampterrein of selfs by die huis.
Bestanddele
4 groot eiers
3 dikgesnyde spekrepies
5 sampioene
baba-tamaties
boerewors
100 ml vars room
gedroogte oreganum
2 e blatjang
2 wit wraps
sosatiestokkies
Metode
1. Sny die spek, wors en sampioene in klein stukke.
2. Ryg die gesnyde bestanddele op die sosatiestokkies.
3. Braai die sosaties in die braaipan.
4. Haal die sosaties af. Hou die vet van die spek en wors in die braaipan.
5. Klits die eiers en voeg die room en oreganum by die eiermengsel.
6. Braai die eiers in die braai-
pan in die vet van die wors en spek.
7. Verhit die wraps oor die rooster.
8. Smeer die chutney eers oor die wrap.
9. Pak die roereiers bo-op die blatjang.
10. Plaas nou die sosatie-bestanddele bo-op die roereiers.
11. Rol die wrap toe en geniet.
Bron: lekkerweskus.co.za





