Om met die titel as wenner van Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie weg te stap is ‘n groot oomblik vir die Weskusser Alecia van Zyl.

Van Zyl, ‘n gr.1-onderwyseres by die Laerskool Saldanha, is as die wenner in die afdeling Onderwys-Smaakmaker aangewys.

Sy meen hierdie titel beteken ongelooflik baie vir haar.

“Dit is nie net ‘n persoonlike prestasie nie, maar ‘n bevestiging dat die werk wat ek elke dag doen, raakgesien word. As onderwyser leef ek my roeping uit, en hierdie erkenning herinner my dat impak nie altyd in groot getalle gemeet word nie, maar in lewens wat jy aanraak. Dit is ‘n groot voorreg om my skool en my gemeenskap te verteenwoordig,” vertel Van Zyl.

Sy spreek haar opregte dank uit aan elkeen wat die moeite gedoen het om vir haar te stem.

“Julle ondersteuning beteken meer as wat ek in woorde kan uitdruk. Hierdie titel behoort nie net aan my nie, dit behoort aan elke kollega, leerder, ouer en ondersteuner wat saam met my die pad stap. Julle het gewys dat ons gemeenskap agter hul onderwysers staan, en dit gee my nog meer motivering om aan te hou bou, inspireer en dien.”

Sy voel die titel gee haar ‘n verantwoordelikheid en wil dit gebruik om ander onderwysers moed te gee en om jongmense te inspireer om groot te droom.

“Om te wys dat jy nie perfek hoef te wees om ‘n impak te maak nie. Ek onthou ses jaar terug, toe ek begin pla- sings deel op Tiktok, hoe skaam en onseker ek was. Vandag sit ek met ‘n toekenning in my hand juis oor daardie besluit om te waag. So druk daai ‘post’-knoppie, deel jou praktyke en wys jou hart.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article